Past event — This event ended 41 days ago.

Onafhanklike kortfilm | Independent Short Film: Bosryer + Kortfilms | Short Films: Poppy op die heuwel + As ek kon kies
About the event
ONAFHANKLIKE KORTFILMS | INDEPENDENT SHORT FILMS Die Silwerskermfees bou daarop voort om sy aanbod van onafhanklike kortfilms uit te brei. Tradisioneel was die meerderheid kortfilms wat by die fees vertoon is, geïnisieer, gefinansier en gementor deur die Silwerskermfees-kortfilmprojek. Hierdie jaar spog die fees weer met onafhanklike kortfilms deur plaaslike filmmakers in ’n verskeidenheid genres en tale. The Silwerskerm Festival builds on its offering of independent short films. Traditionally the majority of short films screened at the festival was initiated, financed and mentored by the Silwerskermfees Short Film Project. This year, yet again, the festival boasts independent short films by local filmmakers in a variety of genres and indigenous South African languages. Bosryer GENRE: Riller, drama, neo-western | Thriller,drama, neo-westernREGISSEUR | DIRECTOR: Aadil DhalechKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Fabian VettigerROLVERDELING | CAST: Nicole Fortuin, Daniel Mpilo Richards, Sherman Pharo and Earl HendricksPRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Protagonist Studios, Patriot Films and The Be Phat Motel Film CompanyOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 16L D Jody, ’n sterk jong vrou, woon en werk op ’n perdeplaas in die Klein-Karoo. Nadat Dino, die aantreklike stalkneg, haar geleer het om perd te ry, raak sy verlief op hom. Kort voor lank ontdek Jody dat Dino ’n dwelmverslaafde was en diep in die skuld is by Saalie, die plaaslike bendebaas en dwelmhandelaar. Om sy skuld af te betaal, werk Dino as ’n bosryer wat snags in die maanskyn tik te perd vervoer om die polisie te ontduik. Wanneer Dino weer begin dwelms gebruik, moet Jody die gevaarlike rit namens hom doen – anders word hy vermoor. Jody bewys haarself as bedrewe bosryer en bevind haarself skielik in diep moeilikheid. Jody, a tenacious young woman, lives and works on a horse farm in the Klein Karoo. After Dino, the handsome stable hand, teaches her to ride horses, she falls for him. Soon, Jody discovers Dino is an ex-addict, indebted to Saalie, the local kingpin who runs a drug trafficking operation. To work off his debt, Dino works as a “bosryer” (bush rider) running tik (crystal meth) on horseback by moonlight to evade the police. When Dino relapses, Jody is forced to do the dangerous run on his behalf – or he will be killed. Jody proves herself to be a very capable “bosryer” and finds herself in a world of trouble.
KORTFILMPROJEK – Gevestigde filmmakers | SHORT FILM PROJECT – Established filmmakers Dié kategorie wat gevestigde filmmakers befondsing en ’n geleentheid bied om hul vakmanskap ten toon te stel, is vir die derde jaar deel van die fees. ’n Voorwaarde vir deelname aan hierdie kategorie is dat die filmmakers ook minder ervare tegniese spanlede moet mentor. This category, which offers established filmmakers funding and a platform to showcase their craft at the festival, is part of the festival for the third time this year. A condition for participation in the category is that the filmmakers mentor less-experienced team members. 'n Poppy op die heuwel GENRE: DramaREGISSEUR | DIRECTOR: Winford CollingsKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Gray KotzeDRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Winford CollingsROLVERDELING | CAST: Lauren Joseph, Marunzo Thomas, Charlene le Roux and Maurice CarpedePRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Winnow ProductionsOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 10-12 PG Wanneer hul geliefde ouma Poppy sterf, keer Laila en haar broer, Josh, terug na die Namakwalandse plaas waar hulle die grootste deel van hul lewe deurgebring het. Vir Laila is een ding seker: Poppy moet langs haar ouers begrawe word in die grond waarop geslagte van hul familie gewoon het. Maar die plaas het intussen van hande verwissel, en die nuwe eienaars weier toestemming vir die begrafnis. Laila weier om dit te aanvaar en besluit om Poppy se wens te vervul. Maar wat beteken dit werklik om dié wat ons verloor het te eer? En wat is die prys wat jy moet betaal om ’n verlede op te eis wat nie…


