Past event — This event ended 39 days ago.

TV & Stromer | TV & Streamer: Die Bom
About the event
TELEVISIE- EN STROOMDIENS-INHOUD | TELEVISION AND STREAMER CONTENT Sedert 2023 sluit die Silwerskermfeesprogram ook voorskoue van opwindende nuwe televisie- en stroomdiens-inhoud in. Dit beteken dat die kontemporêre Afrikaanse filmkuns nou in al sy gedaantes gehuisves, gestimuleer en gevier word by die unieke netwerkgeleentheid wat die fees bied. Loodsepisodes van drama- endokumentêre reekse, asook realiteits- en vermaaklikheidsprogramme word vertoon, en hierdie TV-storievertellers geniet die glans en swier van die fees saam met hul eweknieë in die filmbedryf. Since 2023, the Silwerskerm programme line-up started to include sneak peeks of television and streamer content as a vibrant addition to the festival. This means the Afrikaans film content landscape is now hosted, stimulated andcelebrated in its entirety at the unique networking opportunity the festival offers. Pilot episodes of drama and documentary series as well as reality and entertainment shows are screened, and these storytellers enjoy the glitz and glamour of the festival alongside their filmmaking peers.
Die Bom GENRE: Geskiedkundige dokumentêr | Historical DocumentaryREGISSEUR | DIRECTOR: Pieter SteynVERVAARDIGER | PRODUCER: Minette van der WaltSKRYWER | WRITER: Pieter SteynKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Dirk Smit, Theo Crouse KLANKBAAN | SOUNDTRACK: Edward George KingKLANKONTWERP | SOUND DESIGN: Adi van der WaltREDIGEERDER | EDITOR: Adi van der WaltROLVERDELING | CAST: Prof. Jo-Ansie van Wyk, Prof. Andrè Buys, Prof. Anna Mart van Wyk, Rodney Wilkinson, Barend du Plessis, Riaan CruywagenPRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Van WoudOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTRICTION: 13V L Nog nooit was die wêreld se naby aan ’n kernoorlog soos nou nie. Die sogenaamde “Doomsday Clock” staan op 85 sekondes voor middernag. Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld wat sy eie kernbomme gebou en vrywillig gedemonteer het. Dis ’n verhaal van uiterste geheimhouding, spioenasie, terreur en politieke intrige, wat ook ’n noue verband met Suid-Afrika se kernkragprogram en die rol van die Koeberg-kernkragsentrale het. Never before has the world been as close to nuclear war as it is today. The so-called “Doomsday Clock” stands at 85 seconds to midnight. South Africa is the only country in the world to have built its own nuclear weapons and then voluntarily dismantled them. It is a story of extreme secrecy, espionage, terror, and political intrigue that is also closely linked to South Africa’s nuclear energy programme, including the role of the Koeberg Nuclear Power Station.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:InstagramFacebookTeken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter



